
Oor ons
Sake doen in Afrikaans
Huisves is ‘n klein besigheid in Orania. Ons gee Afrikaanse besighede ‘n plek aanlyn, in hul eie taal.
Van Orania af
Ons woon en werk in Orania in die Noord-Kaap. Hier sien ons elke dag hoeveel ‘n klein besigheid se eie taal werd is: die bakker, die winkel en die praktyk doen almal sake in Afrikaans.
Maar sodra so ‘n besigheid aanlyn wil gaan, is alles skielik in Engels: die hosting, die fakture, die ondersteuning en die vakterme. Daarom het ons Huisves begin.
Jou eie taal, van begin tot einde
Ons glo ‘n Afrikaanse besigheid moet nie in ‘n ander taal hoef te dink om aanlyn te kom nie. Die webwerf, kliënte-area, fakture en ondersteuning is in Afrikaans, in gewone woorde.
- Alles in Afrikaans, met u
- Vaste pryse sonder verrassings
- U domein en inhoud bly u s’n
- Ons antwoord binne een werksdag
- U werf op bedieners in Johannesburg
Kom praat met ons
Vertel ons van u besigheid; ons antwoord binne een werksdag, in Afrikaans.
